Travel Page by Planet Ranger
Home search About Advice

Travel Page

Jacques le Roux se omswerwinge

Welkom by my webblaadjie! Ek sal so gereeld moontlik fotos en stories oplaai vir familie en vriende. Los gerus vir my kommentaar!

Diary Entries

Tuesday, 12 September 2006

Location: Tehachapi, USA

Skool hou my bietjie besig. Min nuwe fotos in die afgelope drie maande. Darem verlede week die geleentheid gekry om vir die eerste keer supersonies te vlieg : ) Kyk bietjie my stap fotos in die nuwe "Naweek Wegbreke" leêr.

Friday, 07 July 2006

Location: USA

Hello almal!

Sopas terug van Las Vegas en die Grand Canyon. Was 'n baie lekker ondervinding. Kyk die fotos!

Monday, 03 July 2006

Location: Tehachapi, USA

Hi Almal!

Die afgelope twee maande of so was ek bietjie lui met die fotoblad. Nogals 'n besige tydjie voor die afsluiting van die eerste semester. Intussen het ek darem 9 dae na my vorige boodskap ge-solo. Lekker vakansie gehou saam met ouers die afgelope twee weke. Hulle het halfpad rondom die wêreld gevlieg om te kom kuier. Ek voeg 'n "Ouers Vakansie" fotoversameling by. Voor die vakansie saam met my ouers het ons klas vir twee weke na verskeie state gereis: Texas, Kansas, Ohio & Atlanta. Sal nog daardie fototjies bymekaarmaak en binnekort bysit.

Lekker bly! jacques : )

Tuesday, 18 April 2006

Location: Mojave, USA

Goeie dag!

Al amper halfpad deur my VSA toer. Kan dit nie glo nie! Kursus is baie leersaam en lekker. Mede-studente van reg oor die wêreld is 'n defnitiewe hoogtepunt. Hoop om die naweek my eerste solo-vlug te onderneem in Tehachapi. Is nou al sedert Februarie besig met vliegopleiding in my vrye tyd. Sal vir julle fotos oplaai sodra ek het!

Mooi bly!

jacques ; )


Photos - Click Below

Leave a Message

Name:

Email (optional):

Message:

Travelling Soon?

Get Your own Planet Ranger Travel Page. Click Here