Menu

Ons 2 in Nederland’s Travel Diary

Sunday, 22 Oct 2006

Location: Monster, Netherlands

MapDit is nou amptelik herfs hier en ek dink nie dat ons weer mooi sonnige dae voor volgende jaar gaan geniet nie. Ek en Liza was vrydag en saterdag in Brussels vir n tandheelkunde expo en sommer die geleentheid gebruik om bietjie van die stad te sien.
Moet eerlik se nie baie impress nie. Nog vuiler as Parys, dan moet jy weet. Was wel vrydag aand in n lieflike restaurant in n geselige straatjie naby die paleis. Lekker mossels geeet, is een van die belge se spesialiteite. Hulle praat baie frans daar en ons hollands was nie van vreeslike hulp nie, engels bring jou verder. Navigasie is n nagmerie - Belgie se paaie!!! Nou weet ons waarom mense daar minder belasting betaal as in Nederland. Brussels nie n stad waarheen ons sal teruggaan nie. Ons weet almal dat smaak verskil en is dit miskien iets vir julle.
Groete