This page is still loading

Photo Page

close
Close Window

Mammoth Mountain Ski Area

Location: California, USA

In Desember 2005 het ek my vakansie afgeskop deur te leer ski. 'n Wonderlike ervaring! Hier is 'n paar fototjies van my ondervindinge in Kalifornië se top ski-area.

'n Prentjie van die High Sierra bergreeks. Nie naastenby so mooi soos die Alpe nie, maar net so lekker om te ski!

'n Beeld van die man wat ski in KaliforniŽ populÍr gemaak het en begin het met die ontwikkelling van Mammoth Mountain vir ski.

Ek besig om te poseer voor die Mammoetbeeld by die Main Lodge waar ek vir 5 dae gebly het.

Die Mammoetgangers klim in die busse na 'n lang, uitputtende dag se ski op die hellings.

'n Vreesaanjaende beerbeeld in Mammoth se dorpie waar mens inkopies kan pleeg of sosiaal kan verkeer in verskeie kroeŽ.

Ek en Mammoth Mountain se mascot, Wooly! : )

Die Gondola op die dag wat ek op Mammoth aankom. 'n Sneeustorm van formaat! Ek het teen 20 myl per uur voortgeploeter vir ure om daar ui tekom! En 'n band verloor in die proses... : (

Die Gondola wat mens tot op die hoogste deel van Mammoth neem, oor die 11,000 voet bo seespieŽl. Haal diep asem...

Ek en mede studente van Singapoer en Portugal onderneem nog 'n besoekie aan die Mammoetberg in Feb 2006.

Main Lodge se netjiese restaurant.

Nog 'n prentjie van Mammoth se dorpie. Eintlik baie oulike plekkie, net verlate hier. Slegs die gewoond aan niks Suid-Afrikaner is mal genoeg om in diť toestande buite rond te wandel....

So het die arme beeld gelyk op die stormdag toe ek daar aankom. Ongelooflik gewees om te sien hoe hulle tonne sneeu die volgende dag verskuif om die mense weer aan die ski te kry. Mense op die berg = $$$$$