This page is still loading

Photo Page

close
Close Window

Ouers Vakansie - Junie 2006

Location: California, USA

'n Paar fotos van my toertjie rondom die staat saam met my ouers. Ons het Yosemite Nasionale Park, San Francisco, Monterey en San Luis Obispo besoek.

By die Golden Gate brug in SF. Ons het gelukkig die eerste dag in SF besluit om die brug te besoek. Die volgende dae was dit so mistig dat mens nie eens die brug kon sien nie.

Ouers by Monterey hawe.

By Japan Centre in SF. Mooi Japanese tuine en slegte tee in koppies sonder handvatsels teen gek pryse.

Half Dome, 'n massiewe granietberg, geneem vanaf Glacier Point waar ons 'n baie mooi uitsig op die Yosemite vallei en al sy watervalle gehad het.

Monterey hawe uitkykpunt.

Restourant by Monterey hawe.

By die Peach Tree Inn waar ons gebly het in San Luis Obispo.

Nog 'n mooi prentjie van Monterey hawe.

Ek en Pa inspekteer die Pebble Beach se eerste putjie bof.

Waar die rykes gholf speel. Ma sÍ sy soek so 'n karretjie vir inkopies.

Die Yosemite watervalle in die agtergrond waar ons sit en middagete geniet.

Reuse Sequoia in Mariposa Grove, Yosemite.