This page is still loading

Photo Page

close
Close Window

Viva Vegas!

Location: Las vegas, USA

Drie dae in Vegas en helikopter toer vanaf Vegas lughawe om my somervakansie af te sluit.

Die Suidekant van die "Strip". Ek het in die hotel met die Egipte-tema "Luxor" gebly. Dis die piramide in die middel.

Die kern van Vegas vanuit die Noordweste. Die Stratosphere Tower is in die regterkant met die hele "Strip" met al die megahotelle en casinos links daarvan.

Die "Stratosphere Tower". Restaurant en roller coaster(!!!) 350 m bo die grond. Amerikaners is kens.

Die Noordekant van die "Strip" met sommige van die grootste hotelle ter węreld. Die replika Eiffel lę regs van die straat.

Die ligte hotel is die Monte Carlo, met New York New York regs daarvan. Die donker MGM Grand lę oorkant die straat. Meer as 5000 kamers in die Grand!

Die Caeser's Palace links onder met die Bellagio regs daarvan. Die Ballgio het 'n massiewe dam voor dit waar daar elke halfuur 'n groot waterfontein vertoning is. Omtrent soos Centurion se waterorrel X 10.

Lake Meade is handig as jy jou toilet wil spoel of 'n stort wil vat in Vegas. Meade is, soos meeste dinge in Amerika, massief; 800 km as jy rondom die meer wil loop. Die meer is mensgemaak deur die konstruksie van Hoover dam in 1931. Die damwal is in die middel van die foto.

Net voor landing 'n vinnige prentjie van my hotel. My kamer was net so links bo die sfinks se kop. 17e vloer. Kamers is in die wande van die piramides, almal met skuins vensters wat oor Vegas uitkyk. Die Casino is in die middel van die piramide.

Ons het in die Canyon ingevlieg en gaan land op 'n klein "mesa' so paar honderd meter bo die rivier.

Die Canyon met die Colorado rivier wat al die kerfwerk gedoen het deur die jare.

Iemand wat ek in die Canyon raakgeloop het. Verstommend hoe mak hulle is. Seker min natuurlike vyande waarvoor hulle moet weghardloop. Die akkedis grawe soos 'n hond in die sand om mierneste te ontbloot. Komieklik om te sien.

In die canyon. Ek is die blou spikkel in die middel. Ons het 'n lekker piekniek met sjampanje in die canyon gekry.